DIE BOSVELD ERVARING VAN 'N LEEFTYD

Kwaggasrus is 'n pragtige wildsplaas van 400 hektaar, wat 29 km anderkant Brits op die Thabazimbipad geleë is, in die stilte van die bosveld.
Hier kan jy ontspan, wild kyk, 4 x 4 ry en jou batterye herlaai, en…

Kwaggasrus is propvol aktiwiteite en geskik vir die aanbied van verskeie tipe kampe, soos mannekampe en vrouekampe, kerkgroepe, avontuurgroepe, skoolgroepe en spanbousessies.As gevolg van die uitgebreide fasiliteite, kan bykans enige groep geakkommodeer word.

Die terrein is egter ook in midweek beskikbaar vir gesinne en individue om te kom ontspan in die rustigheid van die bosveld.